Ezekiel 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE HERE; Waarlik, omdat jy my heiligdom verontreinig het met al jou gruwels en met al jou gruwels, daarom sal Ek jou ook verklein; en my oog sal nie spaar nie, en ek sal nie jammer wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, sal Ek jou volledig afsny. Ek sal jou nie jammer kry nie omdat jy my tempel verontreinig het met walglikhede en afskuwelikhede. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat jy my heiligdom verontreinig het met al jou verfoeisels en met al jou gruwels, sal Âk My ook onttrek; my oog sal nie verskoon nie, en Âk sal ook nie spaar nie. |
| Afrikaans 1983 | So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “omdat jy my heiligdom met al jou walglikhede, met al jou afskuwelikhede verontreinig het, gaan Ek jou kaalstroop sonder medelye, sonder genade. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “omdat jy my heiligdom verontreinig het met al jou verfoeilike afgode, met al jou afstootlike dade, gaan Ek ook 'n skeermes inlê. Ek sal nie 'n traan stort nie. Ek sal geen deernis hê nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “So seker soos Ek lewe, Ek sal julle minder maak, Ek sal julle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir julle nie, want julle het my tempel onrein gemaak omdat julle daar baie lelike dinge gedoen het, baie slegte dinge. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sweer by Myself,” sê die Here, Esegiël se God, “dat Ek julle heeltemal van My af sal losmaak. Ek sal geen genade aan julle bewys nie omdat julle die plek waar Ek woon, vuil gemaak het met julle afskuwelike afgode en slegte dade. |