Ezekiel 5:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal die vaders die seuns in jou midde eet, en die seuns sal hulle vaders eet; en Ek sal strafgerigte aan jou voltrek en die hele oorblyfsel van jou in al die winde verstrooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Ouers sal hulle eie kinders eet, en kinders sal hulle ouers eet. En Ek sal julle straf deur die enkeles wat oorleef tot by die uithoeke van die aarde te verstrooi.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal die vaders die kinders opeet in jou midde, en die kinders sal hulle vaders opeet; en Ek sal strafgerigte oefen in jou midde en sal al wat van jou oorbly, na al die windstreke verstrooi.
Afrikaans 1983 Vaders sal hulle eie kinders eet in jou, en kinders sal hulle eie vaders eet. Ek gaan jou straf en al jou inwoners wat oorbly, in alle windrigtings verstrooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom dan, ouers sal binne jou kinders eet, en kinders sal hulle ouers eet. Ek sal teen jou die vonnisse voltrek. Ek sal almal wat in jou oor is, in al die windrigtings uitstrooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, pa’s sal hulle kinders eet in die stad, en kinders sal hulle pa’s eet. Ek sal die mense in die stad straf wat skuldig is en Ek sal die mense wat dan nog lewe, na al die kante toe jaag.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer dit gebeur, sal ouers hulle eie kinders eet, en kinders sal hulle ouers eet. So erg sal die hongersnood wees. Selfs die paar mense wat die ramp oorleef, sal Ek straf deur hulle tot aan die uithoeke van die aarde te verstrooi, ver van hulle eie land af.