Ezekiel 5:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy, mensekind, neem vir jou 'n skerp mes, neem vir jou 'n skeermes van 'n skeermes en laat dit oor jou hoof en oor jou baard gaan; neem dan vir jou 'n weegskaal om te weeg en verdeel die hare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, vat ’n skerp swaard en gebruik dit as ’n skeermes om jou hare en jou baard af te skeer. Gebruik dan ’n skaal om jou hare in gelyke dele te verdeel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, mensekind, neem vir jou 'n skerp swaard; as skeermes moet jy dit vir jou neem, en laat dit gaan oor jou hoof en oor jou baard; daarna moet jy vir jou 'n weegskaal neem en die hare verdeel: |
| Afrikaans 1983 | “Mens, vat 'n skerp swaard en gebruik dit vir 'n skeermes en skeer af jou hare en jou baard. Vat dan 'n skaal en deel die hare in drie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “En jy, mensekind, neem vir jou 'n skerp swaard en gebruik dit soos 'n skeermes. Skeer daarmee jou hare en jou baard. Neem dan vir jou 'n weegskaal en verdeel die hare. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En jy, mens, jy moet 'n skerp swaard neem en jy moet dit soos 'n skeermes gebruik. Jy moet jou hare en jou baard afskeer, en dan moet jy dit weeg en in drie dele deel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, vat ’n skerp swaard en gebruik dit as ’n skeermes. Skeer jou hare en jou baard daarmee af. Gebruik dan ’n skaal om jou hare te weeg, en deel jou hare in drie hopies wat ewe veel weeg. |