Ezekiel 48:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En by die grens van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offer wees wat julle moet bring van vyf-en-twintigduisend riete in die breedte en in lengte soos een van die ander dele, van die oostekant af tot by die weste en die heiligdom moet daarin wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Suid van Juda is die grond wat opsy gesit word vir ’n spesifieke doel. Die heiligdom moet in hierdie gebied wees. Dit moet dertien en ’n half kilometer breed wees en net so lank soos die stamme se gebiede, van die oostelike tot by die westelike grens. |
| Afrikaans 1933/1953 | En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offergawe wees wat julle moet afgee: vyf en twintig duisend el breed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees. |
| Afrikaans 1983 | “Teen die gebied van Juda, van oos na wes, moet die gebied lê wat julle as offergawe afstaan, twaalf en 'n half kilometer breed en net so lank as een van die ander stroke, van die oostelike tot by die westelike grens. Die heiligdom moet in hierdie gebied wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Langs die gebied van Juda, van die ooste tot in die weste, moet die •wydingsgeskenk wat julle afstaan, vyf-en-twintigduisend el breed, en van die ooste tot in die weste so lank soos een van die ander dele wees. Die heiligdom moet daarbinne wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die grond wat julle vir die Here moet gee, moet langs die grond van Juda wees, van oos na wes. Dit moet 25 000 el breed wees en so lank soos die stukke grond van die stamme. Die gewyde plek moet in die middel van hierdie grond wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Suid van Juda se gebied is die stuk grond wat julle eenkant moet sit wat aan My behoort. Hierdie stuk grond moet twaalf en ’n half kilometer breed wees en net so lank as die ander stroke, van die oostelike tot by die westelike grens. Die huis van die Here moet in die middel van hierdie gebied wees. |