Ezekiel 48:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit was rondom omtrent agttien duisend mate, en die naam van die stad sal van daardie dag af wees: Die HERE is daar.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die omtrek van die stad sal nege en ’n half kilometer wees. Van daardie dag af sal die stad se naam wees: ‘Die Here is daar.’”
Afrikaans 1933/1953 rondom agttien duisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die HERE is daar!
Afrikaans 1983 “Die omtrek van die stad moet nege kilometer wees, en sy naam moet van vandag af wees: Die Here is daar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Rondom is dit agttienduisend el; en die naam van die stad is van nou af: Die- Here- is-daar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dit moet 18 000 el wees rondom die stad, en van nou af moet die stad se naam wees ‘Die Here is daar.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die omtrek van die stad moet nege kilometer wees. En die naam van Jerusalem moet van vandag af wees: Die Here is daar!”