Ezekiel 48:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En naas die grens van Gad, aan die suidekant na die suide, moet die grens wees van Tamar af tot by die twiswaters in Kades en tot by die rivier na die Groot See. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die suidelike grens van Gad loop van Tamar tot by die waters van Meriba-Kades en volg dan die Egiptespruit tot by die Middellandse See. |
| Afrikaans 1933/1953 | En naas die gebied van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees van Tamar af na die twiswaters van Kades en na die spruit van Egipte tot by die Groot See. |
| Afrikaans 1983 | Suid van Gad se gebied loop die grens van Tamar af oor die waters van Meriba-Kades met die spruit langs tot aan die Groot See. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Langs die gebied van Gad in die suide, strek die grens aan die suidekant van Tamar af oor Meriba-Kades met die Spruit langs tot by die Groot See. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | By die suidekant van die grond van die stam Gad moet die grens wees van die stad Tamar, verby die fonteine van die stad Meriba-Kades, en dan langs die rivier tot by die Middellandse See. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die suidelike grens van Gad se gebied loop van Tamar af oor die waters van Meriba-Kades met die spruit langs tot aan die Middellandse See. |