Ezekiel 48:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat die res van die stamme betref, van die oostekant af tot by die westekant, Benjamin moet 'n deel hê.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is die grond wat aan die oorblywende stamme toegeken word. Benjamin se grond is suid van die regeerder se grond, en strek oor die hele land van Israel van die oosgrens tot teen die wesgrens.
Afrikaans 1933/1953 Verder die ander stamme. Van die oostekant af tot by die westekant: Benjamin een deel.
Afrikaans 1983 “Die stamme wat oorbly en wat elkeen ook 'n strook van die oosgrens af tot teen die wesgrens moet kry, is Benjamin,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wat die ander stamme betref: Van die ooste tot in die weste – Benjamin, een deel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [23-27] “Die grond wat die stamme van Benjamin, Simeon, Issaskar, Sebulon en Gad kry, is suid van die gewyde grond en die regeerder se grond. Die grond is van die oostekant tot by die westekant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die res van die grond moet aan die stamme gegee word wat oorbly. Elkeen van hulle moet ook ’n strook van die oosgrens af tot by die wesgrens kry. Benjamin se grondgebied lê suid van die regeerder van die land se grond.