Ezekiel 48:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die oorblyfsel moet vir die vors wees, aan die een kant en aan die ander kant van die heilige spysoffer en van die besitting van die stad, teenoor die vyf-en-twintigduisend van die spysoffer na die oostelike grens toe, en weswaarts, teenoor die vyf en twintig duisend teen die westelike grens, teenoor die dele van die vors; en dit moet die heilige spysoffer wees; en die heiligdom van die huis moet in die middel daarvan wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die grond wat oorbly aan die oostekant en aan die westekant van die gewyde gebied met die tempel in die middel daarvan, asook die stadsgebied, is tot beskikking van die regeerder. Elkeen van hierdie gebiede is dertien en ’n half kilometer breed en loop tot by die oosgrens en wesgrens van die land.
Afrikaans 1933/1953 En wat oorbly, behoort aan die vors, aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die vyf en twintig duisend, die offergawe, tot by die grens teen die ooste, en na die weste toe langs die vyf en twintig duisend tot by die grens teen die weste, net so lank as die stamgedeeltes -- dit behoort aan die vors; en die heilige offergawe en die heiligdom van die huis moet in die middel daarvan wees.
Afrikaans 1983 [21-22] “Die grond wat oorbly aan die oostekant en aan die westekant van die gewyde gebied waar die tempel en die stadsgebied en die gebied van die Leviete moet wees, is tot beskikking van die regeerder. Dit loop tot by die oosgrens van die land en weswaarts tot by die see en lê tussen die gebied van Juda en dié van Benjamin.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Die oorblywende deel is vir die leier: Die gebied aan beide kante van die heilige wydingsgeskenk en die grondgebied van die stad, langs die vyf-en-twintigduisend el van die wydingsgeskenk tot by die oosgrens, en weswaarts langs die vyf-en-twintigduisend el tot by die wesgrens, ewewydig met die ander dele, behoort aan die leier. Die heilige wydingsgeskenk en die heiligdom van die •tempel is in die middel daarvan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die regeerder moet twee stukke grond kry, dit is die grond wat oorbly by die oostekant en die westekant van die gewyde grond en die stadsgrond. Sy grond moet langs die stamme se grond wees. Die gewyde grond is die plek waar die gewyde plek vir die tempel sal wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die grond wat oorbly aan die oostekant en aan die westekant van hierdie area moet julle vir die regeerder gee om daarop te maak wat hy wil.