Ezekiel 48:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die hele spysoffer moet vyf-en-twintigduisend by vyf-en-twintigduisend wees; julle moet die heilige spysoffer vierkantig saam met die besitting van die stad offer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die hele gebied, insluitende die gewyde grond en die stad, is dus dertien en ’n half vierkante kilometer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die hele offergawe moet wees vyf en twintig duisend el by vyf en twintig duisend -- vierkantig moet julle die heilige offergawe afgee saam met die stadsbesitting. |
| Afrikaans 1983 | “Die hele gebied wat afgesonder moet word, sal dus twaalf en 'n half kilometer in die vierkant wees. Julle moet dit as 'n gewyde offergawe afstaan. Die stadsgebied is daarby ingesluit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele wydingsgeskenk is vyf-en-twintigduisend by vyf-en-twintigduisend el. As 'n vierkant moet julle die heilige wydingsgeskenk afstaan, saam met die grondgebied van die stad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hele stuk grond wat julle vir die Here moet gee, is vierkantig, dit moet 25 000 el lank en 25 000 el breed wees. Julle moet dit vir die Here gee en aan Hom wy. Die grond vir die stad is ook by daardie grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie hele gebied, wat die area insluit wat vir My eenkant gesit is, en die gebied waarop die stad gebou is, sal twaalf en ’n half kilometer by twaalf en ’n half kilometer wees. |