Ezekiel 48:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die oorblyfsel in lengte teenoor die offer van die heilige deel moet tienduisend wees na die ooste en tienduisend na die weste; en dit moet teenoor die offer van die heilige deel wees; en die opbrings daarvan moet as voedsel wees vir die wat die stad bedien.
Afrikaans (NLV) 2011 “Buite die stad moet daar grond wees wat vyf kilometer oos en vyf kilometer wes van die stad strek, al langs die gewyde gebied. Hierdie grond moet bewerk word om kos te verskaf vir die mense wat in die stad werk.
Afrikaans 1933/1953 En wat oorgebly het in die lengte, ewewydig met die heilige offergawe, tien duisend teen die ooste en tien duisend teen die weste -- dit moet ewewydig wees met die heilige offergawe; en die opbrings daarvan sal as onderhoud dien vir die werksmense van die stad.
Afrikaans 1983 Die vyf kilometer wat oos en die vyf wat wes van die stad oor is langs die gebied wat as 'n gewyde offergawe afgestaan is, moet bewerk word vir die onderhoud van die mense wat in die stad werk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Dit wat in die lengte oorbly direk langs die heilige wydingsgeskenk, is tienduisend el na die oostekant en tienduisend el na die westekant. Dit lê ewewydig met die heilige wydingsgeskenk, en die opbrengs daarvan sal as voedsel vir die stad se werkers dien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Oos en wes van die stad is daar dan twee stukke grond wat oorbly langs die grond wat julle vir die Here moet gee. Elke stuk grond is 10 000 el lank. Die mense moet daar plant en saai sodat die mense wat in die stad werk, kos kan hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Buite die stad moet jy ’n gebied los waarop boere hulle vee kan laat wei. Hierdie gebied moet vyf kilometer na die oostekant en vyf kilometer na die westekant van die stad lê, al langs die grond wat jy vir My eenkant gesit het. Hier moet die grond bewerk word sodat die mense wat in die stad bly, genoeg kan hê om te eet.