Ezekiel 48:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die weiveld van die stad moet wees teen die noorde twee honderd en vyftig, en teen die suide twee honderd en vyftig, en teen die ooste twee honderd en vyftig, en teen die weste twee honderd en vyftig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aan al vier kante moet daar ’n onbeboude strook van 130 meter wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as oop veld moet by die stad behoort: Teen die noorde, twee honderd en vyftig el; en teen die suide, twee honderd en vyftig; en teen die ooste, twee honderd en vyftig; en teen die weste, twee honderd en vyftig. |
| Afrikaans 1983 | Aan al vier kante moet daar 'n onbeboude strook van honderd vyf en twintig meter wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die meentgrond van die stad moet aan die noordekant tweehonderd-en-vyftig el, aan die suidekant tweehonderd-en-vyftig el, aan die oostekant tweehonderd-en-vyftig el, en aan die westekant tweehonderd-en-vyftig el wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar moet 'n oop stuk grond rondom die stad wees, dit moet 250 el breed wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet aan al vier kante ’n strook van 125 meter los waarop julle niks mag bou nie. |