Ezekiel 48:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vyfduisend wat oorgebly het in die breedte teenoor die vyf-en-twintigduisend, sal 'n onheilige plek wees vir die stad, vir bewoning en vir weiveld; en die stad moet in die middel daarvan wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “’n Addisionele strook grond van dertien en ’n half by twee en ’n half kilometer wat oorbly, is bedoel as gewone stadsgebied, woongebied en weigebied. Die stad moet in dié gebied wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die vyf duisend wat in die breedte oorgebly het, langs die vyf en twintig duisend -- dit sal gewone land wees, bestem vir die stad as woonplek en oop veld; en die stad moet in die middel daarvan wees. |
| Afrikaans 1983 | “Die strook van twaalf en 'n half by twee en 'n half kilometer wat oorbly, is bedoel as gewone stadsgebied, as woon- en weigebied. Die stad moet in dié gebied wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Die vyfduisend el wat in die breedte oorbly langs die vyf-en-twintigduisend el, is nie gewy nie; dit is vir die stad as woongebied en meentgrond bedoel. Die stad moet daarin wees, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die stuk grond wat oorbly, is 5 000 el breed en 25 000 el lank. Dit is vir die gewone mense van die stad, hulle moet daar woon en hulle diere moet daar wei. Die stad moet in die middel van hierdie grond wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die res van die grondgebied, ’n strook van twaalf en ’n half by twee en ’n half kilometer, moet julle gebruik om die stad op te bou. Hier kan julle huise bou en julle skape laat wei. Julle moet die stad hier bou. |