Ezekiel 48:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle mag daarvan nie verkoop nie en die eerstelinge van die land nie verruil of vervreem nie, want dit is heilig aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié spesiale grond mag nooit verkoop of verruil word nie, want dit behoort aan die Here. Dit is apart gesit om heilig te wees.
Afrikaans 1933/1953 En hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, en die beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan die HERE.
Afrikaans 1983 Hulle mag nie daarvan verkoop nie. Hierdie deel van die land, die beste deel, mag nie verkoop of verruil word en in ander hande oorgaan nie, want dit is aan die Here gewy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle mag niks daarvan verkoop nie, en niemand mag dit verruil nie. Die beste deel van die land mag nie in ander hande oorgaan nie, want dit is aan die Here gewy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand mag van hierdie grond verkoop of ruil of vir ander mense gee nie. Dit is die beste grond in die land en dit is gewy aan die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense wat in my huis werk, mag nie die grond wat hulle kry, verkoop nie. Hulle mag nie hierdie deel van die land, wat die beste deel is, verkoop of verruil nie. Hierdie grond mag nie aan iemand anders behoort nie, want dit behoort aan My.