Ezekiel 48:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En teenoor die gebied van die priesters moet die Leviete vyf-en-twintigduisend in lengte en tienduisend in breedte hê; die hele lengte moet vyf-en-twintigduisend wees, en die breedte tienduisend. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die grond wat aan die Leviete toegedeel word, moet dieselfde grootte en vorm wees as dié wat aan die priesters behoort — ook dertien en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed. Saam is dié twee gedeeltes dus dertien en ’n half kilometer lank by tien en ’n half kilometer breed. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder moet die Leviete, ewewydig met die grens van die priesters, ontvang 'n lengte van vyf en twintig duisend el en 'n breedte van tien duisend; die hele lengte moet wees vyf en twintig duisend en die breedte tien duisend. |
| Afrikaans 1983 | “Die Leviete moet 'n gebied kry langs dié van die priesters, twaalf en 'n half kilometer lank en vyf kilometer breed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Leviete se gebied is direk langs dié van die priesters, vyf-en-twintigduisend el lank en tienduisend el breed. Die volle lengte van die wydingsgeskenk is vyf-en-twintigduisend en die breedte twintigduisend. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete kry die grond langs die priesters se grond, dit is 25 000 el lank en 10 000 el breed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is die kleinkinders van Levi, en jy moet vir hulle ook grond gee langs dié van die kleinkinders van Sadok. Die grond wat jy vir hulle gee, moet twaalf en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed wees. |