Ezekiel 48:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie offer van die land wat geoffer word, moet vir hulle 'n hoogheilige saak wees by die grens van die Leviete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié grond is hulle spesiale deel van die heiligste gedeelte van die land. Langs die priesters se grond lê dié van die ander Leviete. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet dit dan vir hulle 'n offergawe wees uit die offergawe van die land, iets hoogheiligs, op die grens van die Leviete. |
| Afrikaans 1983 | Die gebied moet 'n offergawe wees, wat tot beskikking van die priesters is, 'n deel van die gebied wat as offergawe afgestaan word, 'n gewyde gebied langs dié van die Leviete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is vir hulle 'n besondere wydingsgeskenk uit die wydingsgeskenk van die land, 'n besonder heilige gawe langs die gebied van die Leviete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters se grond is 'n present, dit is 'n stuk van die grond wat julle vir die Here moet gee, en dit is hoog-gewyd. Dit is langs die Leviete se grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie stuk grond moet vir die mense gegee word wat in my huis werk. Langs die grond van die kleinkinders van Sadok moet jy ook grond gee vir die ander mense wat in my huis werk. |