Ezekiel 48:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit moet vir die priesters wees wat geheilig word uit die seuns van Sadok; wat my diens waargeneem het, wat nie gedwaal het toe die kinders van Israel gedwaal het soos die Leviete gedwaal het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gebied word opsy gesit vir gewyde priesters, die nageslag van Sadok. Hulle was gehoorsaam aan My en het nie afgedwaal soos die mense van Israel en die res van die Leviete nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit moet wees vir die priesters wat geheilig is, die seuns van Sadok, wat my verordening onderhou het, wat nie afgedwaal het by die afdwaling van die kinders van Israel soos die Leviete afgedwaal het nie. |
| Afrikaans 1983 | Die gebied is tot die beskikking van die gewyde priesters, die nageslag van Sadok. Hulle het my dienswerk getrou gedoen en nie afgedwaal soos die Israeliete nie, soos die Leviete gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die gewyde priesters uit die nageslag van Sadok wat die verpligtinge teenoor My nagekom het, is dit bestem, vir hulle wat nie afgedwaal het toe die Israeliete afgedwaal het soos die Leviete afgedwaal het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie grond moet die gewyde priesters se grond wees. Hulle is die nageslag van Sadok. Hulle het aangehou om vir My te werk en hulle het nie verkeerd gedoen soos die Israeliete nie. Dit is die Leviete wat verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die grond behoort aan die mense wat in my diens staan, die kleinkinders van Sadok. Hulle het baie lank hard in my huis gewerk. Hulle het nie die slegte dade gedoen wat die Israeliete en die ander mense gedoen het wat in my huis gewerk het nie. |