Ezekiel 48:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vir hulle, vir die priesters, moet hierdie heilige gawe wees; na die noorde vyf-en-twintigduisend in die lengte, en na die weste tienduisend in die breedte, en na die ooste tienduisend in die breedte, en na die suide vyf-en-twintigduisend in lengte; en die heiligdom van die HERE moet in die middel wees daarvan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie gebied is tot beskikking van die priesters, en moet ’n strook wees van dertien en ’n half kilometer lank van oos na wes en vyf kilometer breed van noord na suid. Die heiligdom van die Here is in die middel hiervan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde 'n lengte van vyf en twintig duisend el en teen die weste 'n breedte van tien duisend en teen die ooste 'n breedte van tien duisend en teen die suide 'n lengte van vyf en twintig duisend; en die heiligdom van die HERE moet in die middel daarvan wees. |
| Afrikaans 1983 | Dié gebied moet 'n gewyde offergawe wees wat tot die beskikking van die priesters is, en moet 'n strook wees van twaalf en 'n half kilometer lank van oos na wes en vyf kilometer breed van noord na suid. Die heiligdom van die Here moet in dié gebied wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die volgende groepe is die heilige wydingsgeskenk bestem: Vir die priesters, aan die noordekant vyf-en-twintigduisend el, aan die westekant tienduisend el breed, aan die oostekant tienduisend el breed, en aan die suidekant vyf-en-twintigduisend el. Die heiligdom van die Here moet daarbinne wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet die gewyde grond só verdeel: Die priesters kry die grond by die noordekant. Die grond moet 25 000 el wees van oos na wes, en 10 000 el van noord na suid. Die gewyde plek van die Here moet op hierdie grond wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van die grond moet aan die mense wat vir My werk, gegee word. Dit moet ’n strook wees van twaalf en ’n half kilometer lank van oos na wes en vyf kilometer breed van noord na suid. Die huis van die Here staan in die middel hiervan. |