Ezekiel 48:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou dit is die name van die stamme. Van die noordelike punt af tot by die kuslyn van die pad van Hetlon, as mens na Hamat gaan, Hasarenan, die grens van Damaskus, noordwaarts, tot by die kus van Hamat; want dit is sy sye oos en weste; 'n porsie vir Dan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hier is die lys van die stamme van Israel en die gebied wat elkeen moet kry: Die grond van Dan is in die noorde. Die grenslyn volg die Getlonpad na Lebo-Hamat, dan na Gasar-Enan op die grens met Damaskus, met Hamat aan die noordekant. Dan se gebied strek heelpad oor die grondgebied van Israel, van die ooste na die westekant toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is die name van die stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van Hamat en Hasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat -- hy moet die ooste en die westekant hê -- Dan een deel. |
| Afrikaans 1983 | “Van die noordekant af, langs die lyn Getlon, Lebo-Hamat, Gasar-Enan tot waar die noordgrens van Damaskus teen Hamat raak, kry die volgende stamme hulle dele; elkeen kry 'n strook van die oosgrens af tot teen die Groot See: Dan, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Dit is die name van die stamme: In die verre noorde, al langs die pad na Getlon, Lebo-Hamat en Gaser-Enan, met die gebied van Damaskus aan die noordekant langs Hamat, van die ooste tot in die weste, kom Dan toe – Dan, een deel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [1-7] “Elke stam moet 'n stuk grond in die land kry. Die grond wat hulle moet kry, is by die noordekant, langs die grens wat gaan van die stad Getlon verby die stede Lebo-Hamat en Gasar-Enan, tot by die noordgrens tussen die land Damaskus en die land Hamat. Elke stam se grond is tussen die oostekant en die see. Hier is die name van die stamme wat by die noordekant hulle grond kry, van noord na suid: Dan, Aser, Naftali, Manasse, Efraim, Ruben en Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “So moet jy die land onder die stamme van Israel verdeel. Die gebied wat jy vir die stam van Dan moet gee, is in die noorde van die land. Die grenslyn loop van Getlon, oor Lebo-Hamat en Gasar-Enan tot waar die noordgrens van Damaskus teen Hamat raak. Dan se gebied strek oor die hele gebied van Israel, van die oostekant af tot aan die westekant. |