Ezekiel 47:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur dat alles wat lewe, wat beweeg, waar die riviere ook al kom, sal lewe; en daar sal 'n baie groot menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen sal kom, want hulle sal genees word; en alles sal lewe waar die rivier kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Oral waar hierdie rivier loop, bring dit lewe. Vis sal volop wees, want hierdie water sal die soutwater vars maak. Waar die water ook al vloei, sal alles lewe.
Afrikaans 1933/1953 En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en die waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom.
Afrikaans 1983 Waar die stroom ook kom, sal dit wemel van al die soorte diere en sal daar baie vis wees. Die water loop af na die Dooie See toe en sal die see vars maak. Waar die stroom kom, sal alles lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar sal allerhande lewende wesens wees wat krioel – oral waar die stroom kom, sal hulle leef; en daar sal groot hoeveelhede vis wees. Want waar hierdie water kom, sal die soutwater vars word. Alles sal leef waar die stroom kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Oral waar die rivier vloei, sal daar baie diere wees, al die soorte diere en baie visse. Wanneer hierdie water in die see kom, dan sal die see se water vars word. Waar die rivier se water kom, daar sal alles lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oral waar hierdie water kom, wemel dit van al die soorte diere. En in die water is daar baie vis, want dit is vars, skoon water. In die Dooie See leef niks nie omdat die water dood is. Hierdie water sal die Dooie See se water weer vars maak. Oral waar hierdie water kom, sal alles lewe.