Ezekiel 47:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hy vir my: Hierdie waters vloei uit na die oostelike land en gaan af in die woestyn en gaan in die see; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir my gesê: “Hierdie rivier vloei oos deur die woestyn af na die Jordaanvallei toe, waar dit dan in die Dooie See invloei. Die water van dié rivier sal die soutwater van die Dooie See vars maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word. |
| Afrikaans 1983 | Die man het vir my gesê: “Hierdie water loop weg na die streek oos toe en af na die Jordaanvallei toe waar dit in die Dooie See sal inloop. Wanneer dit in die Dooie See inloop, sal die water van die Dooie See vars word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man sê toe vir my: “Hierdie water vloei weg na die oostelike streek, en loop dan af na die Araba, en kom by die see uit. In die see waar dit uitvloei, word die water vars. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het vir my gesê: “Hierdie water vloei na die oostekant van die land, dit vloei af na die Jordaan-vallei en dit sal in die Dooie See vloei. Die Dooie See se water vloei nie weer uit nie. Die rivier se water sal die Dooie See se water vars laat word, dit sal nie sout wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man het toe vir my verduidelik: “Hierdie water wat onder die drumpel van die huis van die Here uitkom, loop weg na die Jordaanvallei toe waar dit in die Dooie See inloop. En wanneer dit in die Dooie See inloop, word die soutwater van die Dooie See weer vars en skoon. |