Ezekiel 47:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe ek terugkom, kyk, op die oewer van die rivier was daar baie bome aan die een kant en aan die ander kant.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl ek daar loop, sien ek ’n hele klomp bome aan albei kante van die rivier.
Afrikaans 1933/1953 Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante.
Afrikaans 1983 Terwyl ek so terugstap, sien ek daar staan groot, hoë bome weerskante op die stroom se wal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe ek weer terug is daar, kyk, toe is daar op die stroom se walle 'n groot aantal bome, aan albei kante.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl ek terugloop, het ek gesien daar is baie groot bome op die wal van die rivier, langs altwee kante.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl ons terugstap, sien ek daar staan groot, hoë bome aan weerskante van die stroom, al langs die wal van die rivier.