Ezekiel 47:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarna het hy duisend gemeet; en dit was 'n rivier waaroor ek nie kon verbygaan nie, want die waters het opgestyg, waters om in te swem, 'n rivier waaroor nie deurgetrek kon word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe meet hy nog 500 meter af, maar toe was die water ’n rivier waardeur ’n mens nie kon loop nie. Die water was diep genoeg dat ’n mens daarin kon swem. Dit het ’n rivier geword waardeur ’n mens nie kon loop nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het hy nog duisend gemeet -- 'n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys -- waters om in te swem, 'n stroom waar 'n mens nie deur kan loop nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe meet hy nog vyf honderd meter, maar toe was die water 'n stroom waar ek nie kon deur nie. Die water was diep, sodat 'n mens sou moes swem; dit was 'n stroom waar 'n mens nie deur kon loop nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het nog 'n duisend afgemeet – 'n stroom wat ek nie kon oorsteek nie. Ja, die water het gestyg – water waarin 'n mens kon swem, 'n stroom wat nie oorgesteek kon word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe meet hy nog 1 000 el, en toe was dit 'n rivier, ek kon nie daardeur gaan nie. Die water was so diep dat ek sou moes swem. Dit was 'n rivier, 'n mens kon nie daardeur loop nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe meet hy nog 500 meter verder af. Maar hier was die water ’n diep stroom. Ek kon nie daardeur loop nie. Die water was so diep dat ’n mens sou moes swem. |