Ezekiel 47:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het weer duisend gemeet en my deur die water gebring; die waters was tot by die knieë. Weer het hy duisend gemeet en my deurgebring; die waters was tot by die lendene. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het nog 500 meter afgemeet en my deur die water laat loop. Hier was dit kniediep. Hy het nog 500 meter afgemeet en my deur die water laat loop. Nou het dit tot by my heupe gekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan -- waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan -- waters tot aan die heupe. |
| Afrikaans 1983 | Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die water laat loop. Dit was kniediep. Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die water laat loop. Dit het tot by my heupe gekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het nog 'n duisend afgemeet en my die water laat oorsteek – water wat kniediep was. Hy het duisend el afgemeet en my laat oorsteek – water wat heupdiep was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe meet die man nog 1 000 el en hy laat my deur die water loop. Die water het tot by my knieë gekom. Toe meet hy nog 1 000 el en hy laat my deur die water loop. Die water het tot by my heupe gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het hy nog 500 meter verder afgemeet. Hy het gaan staan en ek moes weer deur die water gaan. Hier het die water tot by my knieë gekom. Die man het toe nog 500 meter verder afgemeet, en ek moes weer deur die water loop. Hier het die water tot by my heupe gekom. |