Ezekiel 47:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur dat in die stam van die vreemdeling as vreemdeling vertoef, daar sal julle hom sy erfdeel gee, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie immigrante moet grond kry binne die grense van die stam waarin hulle nou leef, sê die oppermagtige Here.”
Afrikaans 1933/1953 En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Julle moet die vreemdelinge hulle besittings gee by die stamme waar hulle woon,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By die stam waar die vreemdeling tydelike verblyf het, daar moet julle hom sy erfdeel gee.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet vir 'n vreemdeling grond gee by die stam waar hy woon.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die immigrante moet saam met julle van die grond erf wat Ek vir die stamme van my volk gee,” sê die Here, Esegiël se God.