Ezekiel 47:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het hy my uit die pad van die poort na die noorde gebring en my op die pad na buite gelei na die buitenste poort met die pad wat na die ooste kyk; en kyk, daar het waters aan die regterkant uitgevloei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die man bring my toe buitekant die muur deur die noordelike ingang en lei my na die oostelike ingang. Daar kon ek die stroom water sien vloei deur die suidelike kant van die oostelike ingang. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit. |
| Afrikaans 1983 | Die man vat my toe by die noordpoort uit en om na die buitenste oospoort toe. Daar syfer die water toe regs langs die poort uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het my deur die noordelike poort uitgeneem en my buite-om laat gaan na die buitepoort wat oos front. Kyk, water het uitgeborrel aan die regterkant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe bring die man my deur die buitenste noord-poort en hy laat my buite-om loop na die buitenste oos-poort. En daar, regs van die poort, het 'n klein bietjie water gevloei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man vat my toe aan die hand. Hy lei my by die ingang aan die noordekant van die huis van die Here uit, en om na die buitenste ingang aan die oostekant toe. Daar syfer die water toe regs langs die ingang uit. |