Ezekiel 47:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die suidekant suidwaarts, van Tamar af tot by die waters van twis in Kades, die rivier tot by die Groot See. En dit is die suidekant suidwaarts.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die suidelike grens gaan suid van Tamar af tot by die waters van Meriba-Kades, dan met die Egiptespruit langs tot teen die Middellandse See. Dit is die suidgrens.
Afrikaans 1933/1953 En aan die suidekant na die suide toe van Tamar af tot by die twiswaters van Kades, dan na die spruit van Egipte tot by die Groot See; dit is die suidekant na die suide toe.
Afrikaans 1983 “Aan die suidekant loop die grens eers suid van Tamar af tot by die waters van Meriba-Kades, dan met die spruit langs tot teen die Groot See. Dit is die suidgrens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die suidekant is dit suidwaarts vanaf Tamar tot by die water van Meriba-Kades en met die Spruit na die Groot See. Dit is die suidgrens aan die suidekant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) By die suidekant begin die grens suid van die stad Tamar en dit gaan tot by die stad Waters-van-Meribot-Kades, en dan langs die rivier na die Middellandse See. Dit is die suidgrens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Aan die suidekant loop die grens eers suid van Tamar af tot by die waters van Meriba-Kades, dan met die spruit langs tot teen die Middellandse See. Dit is die suidgrens.