Ezekiel 47:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die oostekant moet julle meet van Hauran en Damaskus en Gílead af en van die land van Israel by die Jordaan af, van die grens af tot by die Oossee. En dit is die oostekant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die oostelike grens begin by ’n punt tussen Gauran en Damaskus en loop suidwaarts al langs die Jordaan af tussen Gilead en Israel, verby die Dooie See en tot so ver suid as Tamar. Dit is die oostelike grens. |
| Afrikaans 1933/1953 | En aan die oostekant: tussen Hauran en Damaskus en G¡lead en die land van Israel uit -- die Jordaan; van die grens af tot by die Oostelike See moet julle dit meet; dit is die oostekant. |
| Afrikaans 1983 | “Aan die oostekant is die grens van tussen Gauran en Damaskus af, tussen Gilead en Israel met die Jordaan langs, en dan moet julle die grens aan die oostekant van die Dooie See trek. Dit is die oosgrens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan die oostekant is dit vanaf 'n punt tussen Gauran en Damaskus; en tussen Gilead en die land Israel vorm die Jordaan die grens na die Oostelike See tot by Tamar. Dit is die oosgrens. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | By die oostekant begin die grens tussen die land Gauran en die land Damaskus, en dit gaan langs die Jordaan-rivier tussen die land Gilead en die land Israel. Julle moet die grens meet van die kant van die Dooie See. Dit is die oosgrens. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die grens aan die oostekant is van Gauran en Damaskus af, tussen Gilead en Israel met die Jordaan langs, en dan moet julle die grens aan die oostekant van die Dooie See trek. Dit is die oosgrens. |