Ezekiel 47:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet dit erwe, die een sowel as die ander, omdat Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee; en hierdie land sal vir julle as erfenis toeval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy moet die land eweredig tussen die res verdeel. Ek het hierdie land as hulle eiendom gegee omdat Ek aan hulle voorouers belowe het om dit te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle moet dit erwe, die een soos die ander, omdat Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee; en hierdie land moet julle as erfenis toeval. |
| Afrikaans 1983 | maar aan die ander moet julle een deel elk toeken. Ek het met 'n eed beloof dat Ek die land aan julle voorvaders sal gee, daarom kom dit julle toe as besitting. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet dit as erfdeel neem, elkeen met dieselfde grootte uit die land waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan julle voorvaders te gee. Hierdie land word aan julle toegewys as erfdeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke ander stam moet een deel kry. Ek het belowe dat Ek die land vir julle voorvaders sal gee. Daarom moet julle die grond in hierdie land kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan elkeen van die ander stamme moet julle een area gee. Ek het vir julle oupagrootjies belowe dat Ek hierdie land aan hulle en hulle kleinkinders sal gee. Daarom moet julle dit erf. |