Ezekiel 47:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE HERE: Dit moet die grens wees waarmee julle die land moet erwe volgens die twaalf stamme van Israel: Josef moet twee dele hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: So lyk die grense waarvolgens jy die land onder die twaalf stamme van Israel moet verdeel: Josef moet twee dele kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: Dit moet die grondgebied wees waarin julle die land as erfdeel sal verwerf volgens die twaalf stamme van Israel -- vir Josef twee dele. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Die volgende is die grense van die gebied wat julle as besitting moet toeken aan die twaalf stamme. Aan Josef moet twee dele gegee word, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê my Heer, die Here: “Dit is die grense waarbinne julle die land moet vererf aan die twaalf stamme van Israel. Josef kry twee afgemete dele. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Hier is die grense van die land wat julle tussen die twaalf stamme van Israel moet verdeel. Die Josef-stam moet twee dele kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sê die Here, die God van Esegiël: “Ek gaan nou vir jou wys wat die grense van die gebiede is wat vir die twaalf stamme van my volk gegee moet word. Onthou om aan Josef twee areas te gee. |