Ezekiel 47:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal gebeur dat die vissers daarop sal staan van Engedi tot by Eneglaim; hulle sal 'n plek wees om nette uit te sprei; hulle visse sal wees volgens hulle soorte, soos die visse van die Groot See, uitermate baie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vissermanne sal langs die oewers van die Dooie See staan en visvang, van En-Gedi tot by En-Eglajim. Die oewers sal vol nette wees wat in die son drooggemaak word. Allerhande soorte vis sal in die Dooie See wees, net soos in die Middellandse See! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook sal vissers daaraan staan, van Ângedi af tot by en Eglaim: 'n droogmaakplek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, 'n menigte. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal vissers langs die Dooie See staan van En-Gedi af tot by En-Eglajim. Dit sal 'n plek wees waar hulle nette droogmaak. Daar sal net soveel soorte vis wees as in die Groot See, en net so baie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar sal vissers langs die see staan, van En-Gedi af tot by En-Eglajim. Daar sal droogmaakplekke vir sleepnette wees. Daar sal geweldig baie soorte vis wees, net soos die vis in die Groot See. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vissermanne sal langs die see staan van En-Gedi tot by En-Eglajim. Dit sal 'n plek wees waar hulle die visnette droogmaak. Daar sal so baie verskillende soorte visse wees soos in die Middellandse See, en daar sal báie visse wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Weet jy wat? Langs die Dooie See sal die vissers bankvas staan, van En-Gedi af tot by En-Eglajim. Waar voorheen geen lewe was nie omdat die water dood was, sal nou elke denkbare soort vis volop wees. Oral langs die Dooie See sal die vissers hulle nette droogmaak. Daar sal net soveel soorte vis wees as in die Middellandse See. |