Ezekiel 47:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarna het hy my teruggebring na die deur van die huis; en kyk, daar het waters uitgekom van onder die drumpel van die huis uit na die ooste; want die voorkant van die huis het na die ooste gestaan, en die waters het van onder af gekom van die regterkant van die huis, aan die suidekant van die altaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man het my teruggebring na die ingang van die tempel. Daar het ek ’n stroom water gesien wat onder die tempel se drumpel ooswaarts uitvloei, want die tempel het oos gekyk. Hierdie stroom het regs van die altaar, aan die suidekant, verbygegaan.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar.
Afrikaans 1983 Die man met die meetstok het my teruggebring na die ingang van die tempel toe. Toe sien ek daar kom water onder die tempel se drumpel uit aan die oostekant. Die tempel het oos gekyk. Die water het regs van die tempel weggeloop, suid van die altaar verby.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man het my teruggeneem na die ingang van die •tempel. Kyk, water het onder die drumpel van die tempel uitgestroom aan die oostekant, die voorkant van die tempel was immers aan die oostekant. Die water het onder die tempel uit, aan die regterkant, suid van die altaar, afgevloei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het my teruggebring na die deur van die tempel, en daar kom toe water uit onder die tempel se drumpel! Die water het oos gevloei, want die tempel se voorkant was by die oostekant. Die water het regs van die tempel weggevloei, suid van die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man wat die opmetings moes doen, het my toe weer teruggebring na die ingang van die huis van die Here toe. Toe sien ek iets snaaks. Daar het water onder die huis van die Here uitgekom, aan die oostekant daarvan. Die water het regs van die huis van die Here weggeloop, suid van die altaar verby.