Ezekiel 46:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as die volk van die land voor die aangesig van die HERE kom op die feestye, moet hy wat deur die Noordpoort ingaan om te aanbid, deur die Suidpoort uitgaan; en hy wat deur die suidpoort ingaan, moet deur die noordpoort uitgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die mense moet deur die noordelike ingang gaan om die Here gedurende die godsdienstige feeste te aanbid, en moet weer uitgaan by die suidelike uitgang. Almal wat by die suidelike ingang ingaan, moet deur die noordelike uitgang uitgaan. Hulle mag nooit uitgaan by dieselfde ingang waar hulle ingegaan het nie. Almal moet by die ander kant uitgaan.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die volk van die land voor die aangesig van die HERE kom op die feestye, moet hy wat deur die noordpoort ingaan om te aanbid, deur die suidpoort uitgaan; en hy wat deur die suidpoort ingaan, moet deur die noordpoort uitgaan; hy mag nie teruggaan deur die poort waardeur hy ingegaan het nie, maar moet reguit vorentoe uitgaan.
Afrikaans 1983 Maar wanneer die gewone burgers op feesdae in die teenwoordigheid van die Here wil kom, moet dié wat deur die noordpoort inkom om in aanbidding te buig, by die suidpoort uitgaan, en dié wat deur die suidpoort inkom, moet by die noordpoort uitgaan. Niemand mag teruggaan deur die poort waar hy ingekom het nie; almal moet by die ander kant uitgaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar wanneer die volk van die land gedurende die feestye ingaan na die Here se teenwoordigheid, moet die een wat deur die noordpoort ingaan om in aanbidding te buig, by die suidpoort uitgaan; en die een wat deur die suidpoort ingaan, moet by die noordpoort uitgaan. Niemand mag terugkeer na die poort waardeur hy ingekom het nie, maar moet by die teenoorgestelde kant uitgaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die gewone mense voor die Here moet kom op die feesdae, dan moet die mense wat deur die noord-poort ingekom het om te buig, deur die suid-poort uitgaan, en die mense wat deur die suid-poort ingekom het, moet deur die noord-poort uitgaan. Niemand moet teruggaan deur die poort waar hy ingegaan het nie, almal moet by die ander kant uitgaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar wanneer die mense wat in die land bly op dae wat julle feesvier in my huis wil inkom, moet hulle deur die ingang aan die noordekant gaan. Daar moet hulle My aanbid. Dan moet hulle weer by die uitgang aan die suidekant uitgaan. En dié mense wat by die suidekant ingekom het, moet weer by die noordekant uitgaan. Niemand mag by dieselfde ingang uitgaan as waar hy ingekom het nie. Almal moet só maak.