Ezekiel 46:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die spysoffer moet 'n efa vir 'n ram wees, en die spysoffer vir die lammers soos hy kan gee, en 'n hin olie vir 'n efa.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy moet ook ’n graanoffer van sestien kilogram meel saam met die ram bring. Die offer saam met die lammers kan soveel meel wees as wat hy saam met elke lam wil gee. Daar moet vier liter olyfolie by elke sestien kilogram meel wees.
Afrikaans 1933/1953 en die spysoffer: 'n efa vir die ram; maar vir die lammers moet die spysoffer wees wat sy hand kan gee; en 'n hin olie vir 'n efa.
Afrikaans 1983 Die graanoffer saam met die ram moet sestien kilogram meel wees en dié saam met die lammers soveel as wat hy wil gee. Daar moet vier liter olie by elke sestien kilogram meel wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en as •graanoffer 'n efa by die skaapram, en by die ramlammers soveel as wat hy kan gee as graanoffer, met 'n hin olyfolie vir elke efa.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koring-offer wat hy saam met die skaap-ram gee, moet een efa wees, en saam met die lammers kan hy gee soveel soos hy wil. Hy moet een hin olyf-olie gee vir elke efa.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy bring ook sestien kilogram meel wat saam met die ram voor My verbrand moet word. Hy kan self kies hoeveel meel hy saam met elke lammetjie wil verbrand. Hy moet ook vier liter olyfolie by elke sestien kilogram meel sit.