Ezekiel 46:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die brandoffer wat die vors op die sabbatdag aan die HERE moet bring, moet wees ses lammers sonder gebrek en 'n ram sonder gebrek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Elke Sabbat moet die regeerder ’n brandoffer van ses lammers en een ram, almal sonder liggaamsgebreke, aan die Here offer.
Afrikaans 1933/1953 En die brandoffer wat die vors aan die HERE moet bring op die sabbatdag, is ses lammers sonder gebrek en 'n ram sonder gebrek;
Afrikaans 1983 “Die brandoffer wat die regeerder op die sabbat vir die Here moet aanbied, moet bestaan uit ses lammers en 'n skaapram, almal sonder liggaamsgebrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die brandoffer wat die leier vir die Here op die Sabbatdag moet aanbied, is ses ramlammers sonder gebrek en een skaapram sonder gebrek,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die brand-offer wat die regeerder vir die Here moet bring op die Sabbatdag, is ses gesonde lammers en 'n gesonde skaap-ram.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Elke sewende dag, wat vir My eenkant gesit word, moet die regeerder van die land ’n offer bring van ses lammetjies en een ram. Hierdie diere mag nie gebreklik wees nie.