Ezekiel 46:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy my na die buitenste voorhof gebring en my by die vier hoeke van die voorhof laat verbygaan; en kyk, in elke hoek van die voorhof was daar 'n voorhof.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe bring hy my terug deur die buitenste hof en lei my na elkeen van die vier hoeke. In elke hoek het ek ’n kleiner voorhof gesien.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hy my uitgebring in die buitenste voorhof en my verder gelei na die vier hoeke van die voorhof; en kyk, in elke hoek van die voorhof was daar nog 'n voorhof.
Afrikaans 1983 Daarna bring die man my na die buitenste voorhof toe en vat my by die vier hoeke van die voorhof verby. In elke hoek van die voorhof was daar 'n kleiner voorhof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna neem hy my uit na die buitenste voorhof, en laat my by die vier hoeke van die voorhof verbyloop. Kyk, daar was in elke hoek van die voorhof 'n binnehof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die man my gebring na die buitenste oop stuk grond, hy het my gebring by die vier hoeke van die oop stuk grond. Daar, in elke hoek, was 'n kleiner oop stuk grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna bring die man my toe na die buitekant van die huis van die Here, in die voorhof. Hy vat my toe by die vier hoeke van die voorhof verby. In elke hoek van die voorhof was daar ’n kleiner voorhof.