Ezekiel 46:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy vir my: Dit is die plek waar die priesters die skuldoffer en die sondoffer moet kook, waar hulle die spysoffer moet bak; dat hulle dit nie na die buitenste voorhof uitdra om die volk te heilig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 en verduidelik vir my: “Hier moet die priesters die vleis van die skuldoffers en sonde-offers kook en van die meel van die graanoffers brood bak. Hulle moet dit hier doen sodat dit nie nodig is om die offers deur die buitenste hof te dra en so die gevaar loop dat mense daardeur skade kan opdoen nie.”
Afrikaans 1933/1953 En hy het vir my gesê: Dit is die plek waar die priesters die skuldoffer en die sondoffer moet kook, waar hulle die spysoffer moet bak, dat hulle dit nie uitbring in die buitenste voorhof waardeur hulle die volk sou heilig nie.
Afrikaans 1983 en die man het vir my gesê: “Dit is die plek waar die priesters die vleis moet gaarmaak van die skuldoffer en die sondeoffer en waar hulle die graanoffergeregte moet bak, sodat hulle nie die volk in gevaar stel deur dié gewyde dinge deur die buitenste voorhof te bring nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir my gesê: “Dit is die plek waar die priesters die •hersteloffers en die •reinigingsoffers moet gaarmaak en die graanoffers moet bak, sodat hulle dit nie uitneem na die buitenste voorhof, en die volk sodoende heilig maak nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het vir my gesê: Dit is die plek waar die priesters die vleis vir die skuld-offer en die sonde-offer moet afwas en waar hulle die brood vir die koring-offer moet bak. Hoekom? Want hulle mag nie die vleis en die brood in die buitenste oop stuk grond bring nie. Die vleis en die brood is gewyd, en dit sal vir die volk gevaarlik wees om by die vleis en die brood te kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man sê toe vir my: “Hier is die plek waar die priesters die vleis moet gaarmaak van die offers wat die mense bring. Hier moet hulle ook die meel gaarmaak saam met die olie. Hulle moet dit hier eenkant doen sodat hulle nie die offers naby die volk bring nie, want mense kan doodgaan as hulle met die offers in aanraking kom omdat die offers aan die Here behoort.”