Ezekiel 46:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vors moet ingaan deur die voorportaal van daardie poort buitekant, en by die deurpos van die poort staan, en die priesters moet sy brandoffer en sy dankoffers berei, en hy moet aanbid by die drumpel van die poort dan moet hy uitgaan; maar die poort mag tot die aand nie gesluit word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die regeerder moet van buite af deur die voorportaal ingaan. Dan staan hy by die ingangsdeur terwyl die priester sy brandoffer en vrede-offer bring. Hy aanbid binne die drumpel van die ingang en gaan dan weer terug soos hy gekom het. Die ingang mag nie tot die aand gesluit word nie.
Afrikaans 1933/1953 En die vors moet deur die voorportaal van die poort van buite af ingaan en by die deurpos van die poort gaan staan, en die priesters moet sy brandoffer en sy dankoffers berei; en hy moet aanbid by die drumpel van die poort en dan uitgaan; maar die poort moet nie gesluit word tot die aand toe nie.
Afrikaans 1983 Dan moet die regeerder van buite af by die toegangsportaal van die poortgebou ingaan en by die poortdeur gaan staan. Die priesters moet dan die regeerder se brandoffer en maaltydoffer offer, en daarna moet hy in aanbidding by die poortdrumpel buig en uitgaan. Die poort moet tot die aand toe oop bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die leier moet dan van buite deur die portaal in die poort ingaan en by die deurkosyn van die poort gaan staan. Die priesters moet sy •brandoffer en •maaltydoffer namens hom bring, en dan moet hy by die drumpel van die poort in aanbidding buig en uitgaan. Die poort moet tot die aand nie gesluit word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet die regeerder van buite inkom deur die voorportaal van die poort en hy moet by die drumpel van die poort gaan staan. Die priesters moet dan die regeerder se brand-offers en ete-offers offer. Daarna moet die regeerder by die drumpel buig, en dan moet hy uitgaan. Maar hulle moenie die poort sluit voor die aand nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan mag die regeerder van die volk by hierdie ingang ingaan. Hy moet by die deur gaan staan. Die mense wat in die huis van die Here werk, moet die offers wat hy gebring het, gaan offer. Hy staan daar en aanbid die Here in die ingang. Daarna moet hy omdraai en weer uitgaan op dieselfde pad waarmee hy ingekom het. Die ingang moet nie gesluit word nie totdat die son sak.