Ezekiel 46:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nadat hy my deur die ingang gebring het wat aan die kant van die poort was, in die heilige kamers van die priesters wat na die noorde kyk;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die man my na die noordelike ingang geneem, na die gewyde kamers waar die priesters bly. Hy wys my toe ’n plek agter die gebou, aan die westekant daarvan
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hy my gebring deur die ingang wat by die symuur van die poort was, na die heilige kamers vir die priesters wat na die noorde kyk; en kyk, daar was 'n plek aan die agterkant, na die weste toe.
Afrikaans 1983 Die man met die meetstok bring my toe by die ingang langs die noordpoort, die ingang na die gewyde vertrekke van die priesters toe. Daar was 'n plek agter die gebou, aan die westekant,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man neem my toe deur die ingang langs die poort na die priesters se heilige kamers wat noord front. Kyk, daar was 'n plek op die verste punt aan die westekant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die man vir my gebring deur die deur langs die poort, 'n mens kan daar ingaan na die gewyde kamers van die priesters by die noordekant. En daar, ver langs die westekant, sien ek toe 'n plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man wat die meetwerk in die huis van die Here moes doen, bring my toe by die ingang aan die noordekant. Dit is die ingang na die vertrekke waar die mense bly wat in die Here se diens is. Aan die westekant van hierdie kamers was daar ’n plek agter die gebou.