Ezekiel 46:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vors mag nie deur verdrukking van die volk se erfdeel neem om hulle uit hulle besitting te verdryf nie; maar hy moet sy seuns erfdeel gee uit sy besitting, sodat my volk nie verstrooi word, elkeen uit sy besitting nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die regeerder mag niemand se grond afvat nie. As hy vir sy kinders grond gee, moet dit van sy eie eiendom wees. Niemand van my mense mag van hulle grond afgesit word nie.”
Afrikaans 1933/1953 En die vors mag niks neem van die erfdeel van die volk om hulle uit hul besitting te verdring nie; van sy besitting moet hy aan sy seuns 'n erfdeel gee, sodat my volk nie verstrooi word elkeen uit sy besitting nie.
Afrikaans 1983 “Die regeerder mag nie grond van die volk afvat en hulle so uit hulle familiebesit verdring nie. 'n Man se grond moet sy seuns toeval, sodat my volk nie hulle familiebesit ontneem word en verstrooi raak nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die leier mag nie van die volk se erfdeel vat om hulle so uit hulle erfgrond te verdring nie; van sy eie erfgrond moet hy aan sy seuns nalaat, sodat my volk nie verstrooi raak, elkeen weg van sy erfgrond nie.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die regeerder mag nie van die volk se grond vat nie, hy mag nie hulle goed wegvat nie, hy mag net van sy eie grond vir sy seuns gee. Hy mag nie een van my volk se mense wegjaag van sy grond nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die regeerder mag nie sy posisie misbruik en sommerso grond van sy volk afvat nie. ’n Mens se grond is die besitting van sy kinders ná sy dood. Ek wil nie hê dat my volk hulle grond moet verloor en dat hulle moet rondval om te probeer oorleef nie.”