Ezekiel 46:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as hy 'n geskenk van sy erfdeel aan een van sy dienaars gee, dan sal dit syne wees tot die jaar van vryheid; daarna sal dit na die vors terugkeer, maar sy erfdeel sal vir hulle aan sy seuns behoort. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as hy grond aan een van sy werknemers gee, mag die werknemer dit net hou tot die hersteljaar, elke 50ste jaar. Dan word dit weer die regeerder en sy nageslag se eiendom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as hy van sy erfdeel 'n geskenk aan een van sy dienaars gee, dan sal dit syne wees tot by die jaar van vrylating; dan moet dit aan die vors terugval; net vir sy seuns moet sy erfdeel wees. |
| Afrikaans 1983 | Maar wanneer die regeerder 'n stuk van sy grond vir enigiemand in sy diens gee, kan dié persoon dit besit tot in die hersteljaar; dan moet dit terugval na die regeerder toe en weer uitsluitend die familiebesit van sy nageslag word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar wanneer hy van sy erfenis as 'n geskenk aan een van sy dienaars gee, behoort dit aan hom net tot die jaar van kwytskelding. Dan val dit terug na die leier: Dit is slegs sy seuns se erfenis – aan hulle behoort dit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar wanneer die regeerder vir een van sy slawe 'n stuk van sy grond present gee, dan sal die grond die slaaf se grond wees net tot die jaar wanneer almal die grond moet teruggee vir die familie aan wie dit behoort het. Dan moet die slaaf die grond teruggee vir die regeerder. Net sy seuns mag die grond hou wat hy vir hulle gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar wanneer die regeerder ’n stuk van sy grond vir iemand gee wat vir hom werk, is dit anders. Hierdie persoon kry die grond tot die jaar wat Ek bepaal het dat alle mense se skuld afgeskryf word. Daardie jaar word die grond weer die eiendom van die regeerder se familie. As die koning doodgaan, erf sy kinders daardie grond. |