Ezekiel 46:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE HERE; As die vors aan een van sy seuns 'n geskenk gee, moet sy erfdeel sy seuns wees; dit sal hulle erfdeel wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: As die regeerder aan een van sy seuns grond gee, behoort dit aan hom en sy nageslag vir altyd. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: As die vors aan een van sy seuns 'n geskenk gee van sy erfdeel, dan moet dit vir sy seuns wees: dit is hulle besitting as erfenis. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Wanneer die regeerder 'n stuk van sy grond aan een van sy seuns gee, moet dit die seun s'n bly en word dit die familiebesit van die seun se nageslag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘So sê my Heer, die Here: “Wanneer die leier uit sy erfenis aan enige van sy seuns 'n geskenk gee, sal dit aan sy seuns behoort. Dit is hulle erfgrond as 'n erfenis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Wanneer die regeerder vir een van sy seuns 'n stuk van sy grond present gee, dan sal dit aan die seun behoort. Dit is sy grond omdat sy pa dit vir hom gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sê die Here, die God van Esegiël: “Wanneer die regeerder ’n stuk van sy grond aan een van sy seuns gee, word dit die seun se eiendom. As die seun doodgaan, moet sy kinders dit erf. |