Ezekiel 46:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet elke môre daarvoor 'n spysoffer berei, 'n sesde van 'n efa en 'n derde van 'n hin olie, om met die fynmeel te versag; 'n spysoffer gedurigdeur deur 'n ewige verordening aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Saam met die lam moet daar ook ’n graanoffer van drie kilogram meel gebring word met een en ’n derde liter olyfolie om die meel mee klam te maak. Dit moet ’n vaste instelling wees.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet elke môre daarby as spysoffer gereedmaak: 'n sesde van 'n efa en 'n derde van 'n hin olie om die fynmeel te bevogtig, as spysoffer aan die HERE -- ewige insettinge, altyddeur.
Afrikaans 1983 Elke môre moet daar ook 'n graanoffer van drie kilogram meel gebring word met een en 'n derde liter olie om die meel mee klam te maak. Dit moet 'n vaste instelling wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n •Graanoffer moet jy ook elke môre daarby bring – 'n sesde van 'n efa, en 'n derde van 'n hin olyfolie om oor die gesifte meel te sprinkel as 'n graanoffer vir die Here. Dit is 'n durende voorskrif wat altyd geld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saam met die brand-offer moet die regeerder elke oggend een sesde van 'n efa koring of gars gee, en een derde hin olyf-olie om die meel nat te maak. Dit is die koring-offer vir die Here, en die regeerder moet dit altyd bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet ook elke môre drie kilogram meel offer, saam met een en ’n derde liter olie om die meel mee klam te maak. Julle mag nie een môre oorslaan nie.