Ezekiel 46:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet elke dag 'n brandoffer aan die HERE berei van 'n jaaroud lam sonder gebrek; jy moet dit elke môre berei.
Afrikaans (NLV) 2011 “Elke môre moet ’n jaaroud ramlammetjie sonder liggaamsgebrek vir die Here as brandoffer gebring word.
Afrikaans 1933/1953 Verder moet jy 'n jaaroud lam sonder gebrek daagliks berei as brandoffer aan die HERE; elke môre moet jy dit berei.
Afrikaans 1983 “Daar moet elke dag 'n jaaroud ramlam sonder liggaamsgebrek vir die Here as brandoffer gebring word. Dit moet elke môre gedoen word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “ 'n Jaaroud ramlam sonder gebrek moet jy elke dag as brandoffer vir die Here offer; elke môre moet jy dit doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die regeerder moet elke dag 'n gesonde jaaroud-lam gee om 'n brand-offer te wees. Hy moet dit elke oggend doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Elke môre moet julle ’n jaaroud ram voor My op die altaar verbrand. Die dier mag nie gebreklik wees nie. Julle mag nie een môre oorslaan nie.