Ezekiel 46:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die vors vrywillig 'n vrywillige brandoffer of dankoffers aan die HERE berei, moet hy vir hom die poort oopmaak wat na die ooste kyk, en hy moet sy brandoffer en sy dankoffers berei soos hy op die sabbatdag gedoen het: dan moet hy uitgaan; en nadat hy uitgegaan het, moet iemand die poort sluit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer ook al die regeerder ’n vrywillige brandoffer of vrede-offer aan die Here wil bring, moet die oostelike ingang oopgemaak word sodat hy daar ingaan. Hy bring sy offers net soos op Sabbatdae. Dan draai hy om en gaan terug soos hy gekom het. Die ingang moet agter hom gesluit word.
Afrikaans 1933/1953 En as die vors 'n vrywillige offer gereedmaak, 'n brandoffer of dankoffers as vrywillige offer aan die HERE, dan moet hulle vir hom die poort oopmaak wat na die ooste kyk; en hy moet sy brandoffer en sy dankoffers berei soos hy op die sabbatdag doen; en as hy uitgaan, moet hulle die poort sluit nadat hy uitgegaan het.
Afrikaans 1983 “Wanneer die regeerder 'n vrywillige offer wil aanbied, 'n brandoffer of maaltydoffers as vrywillige offer aan die Here, moet die oospoort vir hom oopgemaak word, en dan moet hy die brandoffer of die maaltydoffers aanbied soos hy dit op die sabbatdag moet doen. Daarna moet hy uitgaan en moet die poort weer gesluit word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer die leier 'n vrywillige offer bring, 'n brandoffer of maaltydoffer as vrywillige offer aan die Here, moet iemand vir hom die poort oopmaak wat oos front; en hy moet sy •brandoffer en sy •maaltydoffers bring, soos hy dit op die Sabbatdag sou doen. Wanneer hy uitgaan, moet iemand die poort sluit nadat hy uit is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die regeerder kan ook 'n vrywillige offer bring. Dit kan 'n brand-offer of 'n ete-offer vir die Here wees. Hulle moet dan die oos-poort oopmaak vir hom, en hy moet sy brand-offer of sy ete-offer bring soos op die Sabbatdag. Daarna moet hy uitgaan, en hulle moet die poort sluit nadat hy uitgegaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die regeerder vrywillig op ander tye ’n offer wil bring, moet die mense wat in my huis werk, die ingang aan die oostekant vir hom oopsluit. Dan moet hy dieselfde doen as wat hy op die sewende dag of dae wat julle feesvier, doen. As hy klaar is, moet hy weer by die ingang aan die oostekant uitgaan. Die mense wat daar werk, moet dan die ingang sluit.