Ezekiel 45:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE HERE: Laat dit vir julle genoeg wees, o vorste van Israel: verwyder geweld en buit, en doen reg en geregtigheid, neem julle vordering weg van my volk, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Want so sê die oppermagtige Here: Genoeg, julle regeerders van Israel! Hou op met julle geweld en verdrukking en doen wat reg en goed is. Hou op om my mense te besteel en uit hulle grond te bedrieg!
Afrikaans 1933/1953 So sê die Here HERE: Dit is nou genoeg, o vorste van Israel! Verwyder geweld en verdrukking, en doen reg en geregtigheid; hou op om my volk uit hulle besittings te verdring, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Julle het nou ver genoeg gegaan, regeerders van Israel. Laat staan die geweld en verdrukking, laat reg geskied en doen reg, hou op om my volk se eiendom vir julle te vat,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘So sê my Heer, die Here: “Dit is nou genoeg, leiers van Israel! Die geweld en onderdrukking, staak dit! Doen wat reg en billik is! Hou op met julle verdrywing van my volk!” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Regeerders van Israel, julle moet nou ophou om slegte dinge te doen aan mense, julle moet ophou om hulle te verdruk. Julle moet regverdig wees en reg doen. Julle moet ophou om my volk se grond vir julleself te vat.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sê die Here, Esegiël se God: “Ek het nou genoeg gehad van julle. Julle het nou te ver gegaan, regeerders van Israel. Hoor wat Ek sê. Hou op om mense gewelddadig te behandel. Hou op om mense te verdruk en uit te buit. Begin doen wat reg is. As julle moet besluit tussen twee mense wat stry, doen dan wat reg is. Hou op om my volk se grond en besittings te steel en vir julleself te vat,” sê die Here, die God van Esegiël.