Ezekiel 45:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die land sal sy besitting in Israel wees, en my vorste sal my volk nie meer verdruk nie; en die res van die land moet hulle aan die huis van Israel gee volgens hulle stamme.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit moet sy deel van die land wees tussen die Israeliete.” “Die regeerder wat Ek aanwys, sal my volk nie weer verdruk nie. Hy sal die volk van Israel toelaat om die land volgens hulle stamme te verdeel.
Afrikaans 1933/1953 Aangaande die grond, dit sal aan hom behoort as besitting in Israel, en my vorste sal my volk nie meer verdruk nie, maar aan die huis van Israel die land oorlaat volgens hulle stamme.
Afrikaans 1983 Dit moet sy deel van die land wees tussen die Israeliete. Die regeerders wat Ek aanwys, sal my volk nie weer te kort doen nie; hulle sal die land verdeel tussen die stamme van Israel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) van die land. Dit moet sy grondgebied in Israel wees. Nooit weer mag my leiers my volk verdruk nie. Die grond moet hulle aan die huis van Israel, aan hulle stamme, gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die grond in die land Israel wat moet behoort aan die regeerder. Die regeerders van my volk mag nie meer my volk laat swaarkry nie. Hulle moet die land vir die stamme van die volk Israel gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie grond is die regeerder se deel van die land. Ek sal vir julle ’n regeerder aanwys, en hy sal nie weer my volk sleg behandel nie. Hy sal nie weer hulle grond steel nie. Die Israeliete sal die land gelykop verdeel tussen die stamme van Israel.”