Ezekiel 45:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n deel moet vir die vors wees aan die een kant en aan die ander kant van die offer van die heilige deel en van die besitting van die stad, voor die offer van die heilige deel en voor die besit van die stad, van die westekant na die weste en van die oostekant na die ooste; en die lengte moet teenoor een van die gedeeltes wees, van die westelike grens af tot by die oostelike grens. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Twee gedeeltes grond moet vir die regeerder eenkant gesit word. Een gedeelte grens aan die oostelike kant van die gewyde grond en stad, en die ander aan die westekant. Dit moet net so groot wees soos een van die stamgebiede en moet strek van die wesgrens van Israel af tot aan die oosgrens. |
| Afrikaans 1933/1953 | En vir die vors: aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die heilige offergawe en langs die stadsbesitting, aan die westekant na die weste en aan die oostekant na die ooste; en die lengte moet wees ooreenkomstig een van die stamgedeeltes, van die westelike grens na die oostelike grens. |
| Afrikaans 1983 | “Die regeerder moet grond kry weerskante van die gewyde gebied en die stadsgrond, wes en oos daarvan; dit moet net so groot wees as een van die stamgebiede en moet strek van die wesgrens van Israel af tot aan die oosgrens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die leier se gebied is weerskante van die heilige wydingsgeskenk en die eiendom van die stad, al langs die heilige wydingsgeskenk en al langs die eiendom van die stad, aan die westekant weswaarts en aan die oostekant ooswaarts, met dieselfde lengte as een van die dele van 'n stam, van die wesgrens tot die oosgrens |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die regeerder moet grond kry langs altwee kante van die gewyde grond en die stad se grond, dit is by die westekant en by die oostekant. Dit moet so groot wees soos die grond wat een stam kry, die grond moet wees van die wesgrens van die land tot by die oosgrens. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vir die een wat oor julle regeer, moet julle ook grond gee. Sy grond lê aan weerskante van die gebied wat aan My behoort en die grond wat vir die stad opsy gesit is. Die regeerder se grond lê wes en oos daarvan. Die regeerder se grond moet net so groot wees as die grond wat jy aan elke stam van Israel toeken. Die grond moet strek van die wesgrens van Israel af tot aan die oosgrens. |