Ezekiel 45:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet die besitting van die stad bepaal vyf duisend in die breedte en vyf en twintig duisend lank, teenoor die offer van die heilige deel: dit moet vir die hele huis van Israel wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Aangrensend aan die groter heilige gebied moet daar ’n stuk grond van twee en ’n half kilometer breed en twaalf en ’n half kilometer lank wees. Dit moet opsy gesit word as ’n stad waar enigeen in Israel kan kom bly.
Afrikaans 1933/1953 En as besitting van die stad moet julle gee 'n breedte van vyf duisend en 'n lengte van vyf en twintig duisend el langs die heilige offergawe; vir die hele huis van Israel moet dit wees.
Afrikaans 1983 “Vir die stadsgrond moet julle 'n stuk afstaan van twee en 'n half kilometer breed en twaalf en 'n half kilometer lank, net so groot as die gewyde gebied. Hierdie grond moet tot beskikking wees van die hele Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As eiendom van die stad moet julle 'n gebied van vyfduisend el breed en vyf-en-twintigduisend el lank eenkant hou, direk langs die heilige wydingsgeskenk. Vir die hele huis van Israel moet dit beskikbaar wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die grond waarop die stad moet staan, moet 5 000 el breed en 25 000 el lank wees. Hierdie grond moet langs die gewyde grond wees en dit moet aan al die Israeliete behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dan moet julle ook grond afmeet wat twee en ’n half kilometer breed en twaalf en ’n half kilometer lank is. Hierdie area is net so groot soos die area wat vir My eenkant gesit is. Hierop moet julle julle stad bou.