Ezekiel 45:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vyf-en-twintigduisend van die lengte en die tienduisend van die breedte moet ook die Leviete, die dienaars van die huis, vir hulle as besitting vir twintig kamers hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gedeelte langsaan, naamlik twaalf en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed, is die leefarea van die Leviete wat in die tempel werk. Dit is hulle eiendom en ’n plek vir hulle dorpe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En vyf en twintig duisend el in lengte en tien duisend in breedte moet die stuk vir die Leviete, die dienaars van die huis, wees -- 'n besitting vir hulle, as stede om in te woon. |
| Afrikaans 1983 | Die oorblywende gedeelte van twaalf en 'n half kilometer lank en vyf kilometer breed is vir die Leviete wat in die tempel diens doen; dit is hulle eiendom, daar kan hulle woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Gebied van vyf-en-twintigduisend el lank en tienduisend el breed is bestem vir die Leviete, die tempeldienaars, as grondgebied vir hulle dorpe om in te woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander stuk grond, 25 000 el lank en 10 000 el breed, is vir die Leviete wat by die tempel werk. Hulle 20 kamers moet daar wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar bly nog ’n stuk van hierdie grond oor. Dit is ’n gedeelte wat twaalf en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed is. Hierdie grond gee Ek vir die ander mense wat in my huis diens doen. Hulle kom nie tot voor My nie, maar hulle werk in my huis. Hierdie grond behoort aan hulle. Hulle mag daar woon. |