Ezekiel 45:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die heilige deel van die land moet wees vir die priesters, die dienaars van die heiligdom, wat nader moet kom om die HERE te dien; en dit moet 'n plek vir hulle huise en 'n heiligdom vir die heiligdom wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie gebied is gewyde gebied in die land, eenkant gesit vir die priesters wat in die heiligdom die Here bedien. Hulle kan dit gebruik vir hulle huise, en my tempel sal ook daar wees.
Afrikaans 1933/1953 Dit moet die heilige plek wees uit die land; dit moet wees vir die priesters wat die heiligdom bedien, wat nader kom om die HERE te dien; en dit moet vir hulle dien as ruimte vir huise en 'n heiligdom vir die heiligdom.
Afrikaans 1983 Hierdie gebied is die gewyde gebied in die land. Dit is tot beskikking van die priesters wat in die heiligdom diens doen en wat by die altaar mag kom om die diens aan die Here te verrig. Daar kan hulle huise kom, en die grond wat aan die heiligdom behoort, val in dié gedeelte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is 'n heilige deel van die land, bestem vir die priesters wat die heiligdom bedien, hulle wat mag nader kom om die Here te dien. Dit moet 'n plek wees vir hulle huise en 'n heilige plek vir die heiligdom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie stuk grond moet die gewyde deel van die land wees. Die priesters wat in die gewyde plek van die Here werk en wat by die altaar kom om vir die Here te werk, moet daardie grond gebruik. Dit is die plek waar hulle huise mag bou en waar die gewyde plek moet wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie stuk grond behoort aan die Here. Dit is eenkant gesit vir diens aan Hom. Die mense wat in my huis werk en wat by die altaar mag kom om die diens aan die Here te verrig - dis hulle grond. Op hierdie grond kan hulle vir hulle huise bou. Dis deel van die grond wat aan die huis van die Here behoort.